Kaapse kampioen

Robyn Botes

Ek is Robyn Botes, ’n passievolle opvoeder by ’n plaasskool, waar ek daagliks die toekoms help vorm en jong leerders inspireer. Buite die onderwys dien ek ook as beoordelaar by modelkompetisies, waar ek talent en selfvertroue help aanmoedig.

As gasspreker deel ek graag my ervaring en stories om ander te motiveer en aan te moedig om hul drome na te jaag. Ek het ook al saamgewerk aan advertensieveldtogte vir internasionale handelsmerke soos Lensmart en Temu, waar ek my unieke stem en styl kreatief kon gebruik.

My werk weerspieël my liefde vir mense, kreatiwiteit en die bou van geleenthede – in die klaskamer, op die verhoog en in die mediawêreld. 🌟

Ander Kaapse kampioene

Steven Wildschut

Steven Wildschut is voorsitter van Swartberg PS Ysters, wat op 18 April 2025 gestig is. Hy is steeds bedrywig as koördineerder met sypad- en meentgrondverfraaiingsprojek in Bergsig, Caledon.
Lees meer Steven Wildschut

Carmen Jagers

Ek is Carmen Jagers, mededirekteur en kantoorhoof van Elpida Foundation. Om my gemeenskap te dien is nie net ’n roeping nie; dis my passie. My geloof is my anker: Dit…
Lees meer Carmen Jagers

Mandy Leibbrandt

Mandy Leibbrandt is medestigter van die Suikerbossie Park Gemeenskapstuin in Brackenfell. Onder haar leiding is ’n braak stuk grond omskep in ’n lewenskragtige voedsel-en-gemeenskapsruimte met meer as 40 groentebeddings en…
Lees meer Mandy Leibbrandt