KAAPSE FORUM PLAAS DRUK OP WES-KAAPSE REGERING OOR POLISIE-REFERENDUM

Kaapse Forum het die Konstitusionele Hof genader oor die aankondiging van ‘n Referendum deur die Wes-Kaapse Premier oor die afwenteling van polisieringsmagte na die Wes-Kaap regering.

Die nasionale polisiediens het nie vermoë om die Wes-Kaap veilig te hou nie.
Ondersteun die Kaapse Forum se referendum vir die afwenteling van mag.
Sit die mag in die gemeenskappe se hande.

Jy kan die Wes-Kaap ‘n veiliger provinsie maak deur jou naam te voeg by ons saak.

"*" indicates required fields

Naam en van*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Kaapse Forum sal aanhou om gemeenskappe te mobiliseer vir hul steun om groter outonomie en selfstandigheid vir die Wes-Kaap te bereik.

Dit is bekend dat die provinsiale regering, soos ons, glo dat die provinsie polisiëring beter sal kan hanteer as wat dit vanaf ’n nasionale platform gedoen word. Die provinsie is ook van mening, nes Kaapse Forum, dat die afwenteling van magte met ’n regverdige toedeling van belastingbetalersgeld vir dié funksie gepaard moet gaan.