Kaapse Forum maak skenking aan Die Eiland Huis vir Gestremdes
Die burgerregteorganisasie Kaapse Forum het op 3 Augustus 2023 ’n besoek by Die Eiland Huis vir Gestremdes in St. Helenabaai afgelê en ’n skenking van broodnodige goedere, waaronder handlappies (wet wipes), Vicks en room, gemaak. Hierdie donasie vorm deel van die Kaapse Kampioen-projek. Tydens die besoek het lede van Kaapse Forum ook kennis gemaak met…