Coke choke bruin matrieks en skoolverlaters

Die ANC-dogma van “black in general, but African in particular” word deesdae nie net deur die Dis-Chems van Suid-Afrika nagestreef nie, maar nou ook deur Coca Cola (beter bekend as Coke).

Hierdie gewilde koeldrankmaatskappy het onlangs ’n advertensie in die Suid-Kaapse dorpie Caledon opgesit met die volgende boodskap aan die jeug: As jy bruin (inheems) of wit is, sê maar goodbye vir jou kans op ’n werksgeleentheid by Coke. Dié Engelse advertensie, wat bruin- en wit mense basies uitsluit, is in ’n Afrikaanse bruin-en-wit-gemeenskap opgesit. Coke se bemarkers kon definitief nie die kaart lees nie.

Daar bestaan ook geen B-BBEE wetgewing wat hierdie besluit van Coke kan afdwing nie. Hierdie is ook nie die eerste keer dat daar openlik teen die inheemse groep van ’n land gediskrimineer word nie. In 2015 het Coke hulself skuldig gemaak aan soortgelyke kulturele en rassediskriminasie.

Die Kaapse Forum staan alle vorme van ras-, geslag-, geloof of enige ander vorm van polities geïnspireerde verdeeldheid teen. Suid-Afrika gaan net werk as almal toegelaat word om te MAG saam werk.

Die Kaapse Forum gaan hierdie saak verder neem. As jy ons ondersteun, teken asseblief hierdie petisie sodat ons die mandaat het van soveel mense moontlik om hierdie blatante ongeregtigheid stop te sit!

"*" indicates required fields

Naam en van*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.