Kaapse Forum oorhandig mediese sak aan Ceres-gemeenskap Educatio

Die burgerregteorganisasie Kaapse Forum het op 14 September ’n nuwe netwerkvennoot, Educatio, besoek en ’n werkswinkel aangebied om toekomstige samewerking van ’n verskeidenheid van projekte te bespreek. Tydens dié geleentheid het die Kaapse Forum ’n volledig toegeruste mediese sak aan Educatio se voorsitter, Daniel Dirks, oorhandiging.

Dít is deel van die eerste gesamentlike projek. Dirks het die Kaapse Forum vroeër vanjaar in verband met ’n samewerkingsooreenkoms gekontak. Verskeie projekte waarvan ondermeer landbou, veiligheid en kultuur is tydens dié werkswinkel in Ceres bespreek.

“Ons is vreeslik opgewonde oor toekomstige projekte waaraan ons saam kan werk en om mekaar se kennis, kundigheid en ervaring, tot die voordeel van beide groepe, te kan deel,” sê Tommy van Zyl, koördineerder vir die Kaapse Forum.

Die gedeelde waardes en uitkomstes tussen dié twee groepe verseker ’n goeie saamwerkverhouding vir die toekoms. Educatio, is deur ’n groep besorgde ouers op die been gebring wat die probleem van leerders wat, in groot getalle, skool op ’n vroeë ouderdom verlaat wou takel. Educatio het ten doel om hierdie leerders, óf weer terug in die onderwyssisteem te kry, weer in die tradisionele skoolstelsel, óf in alternatiewe vorms van onderwys te kry om sodoende hardwerkende en begaafde leerders ’n tweede kans te gee.

Raak vandag nog by die Kaapse Forum betrokke en help om ’n verskil te maak: Stuur ’n e-pos aan info@kaapseforum.co.za, of sluit aan by www.kaapseforum.co.za.