Kaapse Forum verwelkom vonnis van Tazné van Wyk se moordenaar

Die Kaapse Forum verwelkom die nege lewenslange vonnisse waarmee die Kaapstadse Hooggeregshof die moordenaar van Tazné van Wyk vandag gestraf het. Die straf vergoed egter nie daarvoor dat die moordenaar op parool was ten tyde van sy monsteragtige-aanval op die agt-jarige Tazné nie. Die staat moet hiervoor verantwoordelikheid aanvaar.

Tazné se dood moet ook ’n wekroep wees teenoor politici dat polisiëring nie ’n speelbal is om stemme te werf nie. Polisiëring moet die veiligheid van veral kinders waarborg, en dit gebeur nie tans nie. Die beste waarop ons kan hoop, is dat polisiëringsmagte uit die beheer van minister Bheki Cele na die Wes-Kaap afgewentel word, ’n saak waarvoor die Kaapse Forum hom beywer.