Kaapse kampioen

Chané Sharon Arendse

My naam is Chané Sharon Arendse (24). Ek is ’n spontane en entoesiastiese vroeëkinderontwikkelingsopvoeder, en prinsipaal en eienaar van ’n dagsorg, Arendse Nessie Dagsorg. Ek het my dagsorg op 16 Januarie 2024 geopen met ses kinders in my sitkamer. Vandag het ek 29 kinders en is tans besig om ’n erf te omskep na my dagsorg. Met die hulp en skenkings van De Hoop Collection kon ek drie houthuisies (“Wendy’s”) koop en oprig vir die drie verskillende klasse. Arendse Nessie is baie opgewonde om die nuwe atmosfeer te aanskou. Ek eer tot vandag toe daardie toekenning wat ek by Kaapse Forum as een van die Kaapse kampioene ontvang het. Vlieg hoog en glo!

Ander Kaapse kampioene

Robyn Botes

Ek is Robyn Botes, ’n passievolle opvoeder by ’n plaasskool, waar ek daagliks die toekoms help vorm en jong leerders inspireer. Buite die onderwys dien ek ook as beoordelaar by…
Lees meer Robyn Botes

Steven Wildschut

Steven Wildschut is voorsitter van Swartberg PS Ysters, wat op 18 April 2025 gestig is. Hy is steeds bedrywig as koördineerder met sypad- en meentgrondverfraaiingsprojek in Bergsig, Caledon.
Lees meer Steven Wildschut

Carmen Jagers

Ek is Carmen Jagers, mededirekteur en kantoorhoof van Elpida Foundation. Om my gemeenskap te dien is nie net ’n roeping nie; dis my passie. My geloof is my anker: Dit…
Lees meer Carmen Jagers

Mandy Leibbrandt

Mandy Leibbrandt is medestigter van die Suikerbossie Park Gemeenskapstuin in Brackenfell. Onder haar leiding is ’n braak stuk grond omskep in ’n lewenskragtige voedsel-en-gemeenskapsruimte met meer as 40 groentebeddings en…
Lees meer Mandy Leibbrandt