Kaapse kampioen

Chané Sharon Arendse

My naam is Chané Sharon Arendse (24). Ek is ’n spontane en entoesiastiese vroeëkinderontwikkelingsopvoeder, en prinsipaal en eienaar van ’n dagsorg, Arendse Nessie Dagsorg. Ek het my dagsorg op 16 Januarie 2024 geopen met ses kinders in my sitkamer. Vandag het ek 29 kinders en is tans besig om ’n erf te omskep na my dagsorg. Met die hulp en skenkings van De Hoop Collection kon ek drie houthuisies (“Wendy’s”) koop en oprig vir die drie verskillende klasse. Arendse Nessie is baie opgewonde om die nuwe atmosfeer te aanskou. Ek eer tot vandag toe daardie toekenning wat ek by Kaapse Forum as een van die Kaapse kampioene ontvang het. Vlieg hoog en glo!

Ander Kaapse kampioene

Anthea Adonis

Ek is Anthea Adonis, die trotse skoolhoof van Emil Weder Hoërskool, en ek is daartoe verbind om ’n kultuur van uitnemendheid, dissipline en omgee te bevorder. Ek glo elke leerder…
Lees meer Anthea Adonis

Lynn Louw

Ek is Lynn Louw, ‘n toegewyde gemeenskapswerker met ’n passie vir die ontwikkeling van kinders en jongmense. As vrywilliger by die Morningstar Biblioteek help ek om te verseker dat kinders…
Lees meer Lynn Louw

Robyn Botes

Ek is Robyn Botes, ’n passievolle opvoeder by ’n plaasskool, waar ek daagliks die toekoms help vorm en jong leerders inspireer. Buite die onderwys dien ek ook as beoordelaar by…
Lees meer Robyn Botes

Steven Wildschut

Steven Wildschut is voorsitter van Swartberg PS Ysters, wat op 18 April 2025 gestig is. Hy is steeds bedrywig as koördineerder met sypad- en meentgrondverfraaiingsprojek in Bergsig, Caledon.
Lees meer Steven Wildschut

Carmen Jagers

Ek is Carmen Jagers, mededirekteur en kantoorhoof van Elpida Foundation. Om my gemeenskap te dien is nie net ’n roeping nie; dis my passie. My geloof is my anker: Dit…
Lees meer Carmen Jagers