Nuwe skooltasse vol skryfbehoeftes vir behoeftige graadeens op De Keur-groep se plaasskole
Kaapse Forum het vandeesweek 21 skooltasse gevul met skryfbehoeftes aan die De Keur-landbougroep se behoeftige graad 1-leerders op hul plaasskole in die Ceres-omgewing geskenk. Die skole is geleë op die plase De Keur, Rocklands, De Hoop en Leeurivier. “Toegang tot gehalte onderrig is belangrik en onontbeerlik in ’n gemeenskap soos Ceres,” benadruk Bernard Pieters, Kaapse…


