Behoeftige graadeens van Morningstar-gemeenskapsentrum durf grootskool met nuwe tasse en skryfbehoeftes aan, danksy Kaapse Forum
Vyftien behoeftige graad 1-leerders van die Morningstar-gemeenskapsentrum in Durbanville-omgewing het hul grootskoolloopbaan met splinternuwe skooltasse gevul met skryfbehoeftes begin. Kaapse Forum het hierdie tasse vandeesweek aan dié graadeens geskenk wat laerskool ampertjies sonder ’n tas én skryfbehoeftes sou aanpak. Toegang tot gehalte onderrig is belangrik en onontbeerlik, veral by skole in die Durbanville-gemeenskap, benadruk Bernard…


