Overbergskole ook aan die ontvangkant van skryfbehoefteskenking
Kaapse Forum het vandeesweek 44 uit die 400 skooltasse wat die burgerregteorganisasie aan behoeftige graad 1-leerders in die provinsie skenk, aan skole in die Overberg-omgewing oorhandig. Altesaam 30 skooltasse gevul met skryfbehoeftes is aan Boontjieskraal Primêre Skool geskenk en 14 is aan Laerskool E.K. Klipdale se graad. 1’s gegee. Hierdie skenking is deel van die…


