Kaapse Forum ontvang reuseskenking van AON om onderwysprojekte te bevorder
Kaapse Forum het verlede week ’n ruim skenking van die Afrikaanse Onderwys Netwerk (AON) ontvang wat Kaapse Forum by Afrikaanse skole waarby die organisasie betrokke is kan aanwend. Hierdie skole is hoofsaaklik Afrikaanse plattelandse skole waar bruin leerders skoolgaan. Die skenking sluit in 25 plakkate, 350 woordsoorte sakkaarte, 350 skryftekens sakkaarte en 350 sakpaskaarte vir…


