BELA is oorlog op Kaapse mense

BELA is oorlog op Kaapse mense

Burgerlike samelewingsorganisasies oor Suid-Afrika heen is – soos Kaapse Forum – verenig in heftige teenstand teen die diep kommerwekkende Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (ook bekend as die BELA-wet), wat onlangs deur die regerende party voorgestel en vanoggend (Dinsdag) deur die Nasionale Raad van Provinsies aanvaar is. Hierdie drakoniese stuk wetgewing verteenwoordig ’n opvallende aanval op…

Joslin Smith: Kaapse Forum veroordeel oproerigheid by hof

Joslin Smith: Kaapse Forum veroordeel oproerigheid by hof

Kaapse Forum veroordeel vandag se gebeure tydens die verskyning van die beskuldigdes in die vermiste Joslin Smith se saak by die Vredenburg-landdroshof ten sterkste. Oproerigheid deur lede van die publiek ten tyde van die verskyning van die beskuldigdes is veroorsaak nadat daarop aangedring is dat ’n politikus binne die hofgebou toegelaat moet word. Kaapse Forum…

Kaapse Forum laat Wes-Kaap se stem hard en duidelik hoor in BELA-voorlegging ná geskil oor selektiewe deelname

Kaapse Forum laat Wes-Kaap se stem hard en duidelik hoor in BELA-voorlegging ná geskil oor selektiewe deelname

Die burgerregteorganisasie Kaapse Forum het vandag ter elfder ure ook die geleentheid gekry om dié organisasie se voorlegging oor die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (die sogenaamde BELA-wetsontwerp) aan die Staande Komitee oor Onderwys en Tegnologie, Sport, Kuns en Kultuur te doen. Dit volg nadat Kaapse Forum op 31 Januarie vanjaar sy geskrewe kommentaar oor die…

Vrot, vrotter, Philippi! Polisiekollege ’n broeiplek vir selfverryking en substandaard opleiding

Vrot, vrotter, Philippi! Polisiekollege ’n broeiplek vir selfverryking en substandaard opleiding

Die burgerregteorganisasie Kaapse Forum het vandag ’n dringende beroep op die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gedoen om in te gryp by die verval van die Philippi-polisiekollege en om ’n deeglike ondersoek te doen oor verskeie skokkende bewerings aangaande die personeel, gehalte van opleiding, behandeling van vroue en die gehalte en misdadigheid van polisierekrute. Die verval van…

Polisielede, Kaapse Forum protesteer teen onttrekking van Kinnear-gesin se beveiliging, wanbestuur in SAPD

Polisielede, Kaapse Forum protesteer teen onttrekking van Kinnear-gesin se beveiliging, wanbestuur in SAPD

Die burgerregteorganisasie Kaapse Forum het vandeesweek weer ’n dringende beroep op die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gedoen om die herinstelling van die Kinnear-gesin se polisiebeveiliging te prioritiseer. Kaapse Forum sowel as ’n groep polisielede en ander belanghebbende organisasies het gister (29 Februarie), ter ondersteuning van die herinstelling van die gesin se polisiebeveiliging, deelgeneem aan ’n protesaksie…

Behoeftige gr. 1’s toegerus met ’n blink toekoms én ’n tas vol skryfbehoeftes

Behoeftige gr. 1’s toegerus met ’n blink toekoms én ’n tas vol skryfbehoeftes

Kaapse Forum het gister (6 Februarie) die stryd teen armoede in die Wes-Kaap voortgesit toe dié burgerregteorganisasie ’n nuwe generasie van behoeftige gr. 1’s in Melkbosstrand met skooltasse vol skryfbehoeftes toegerus het. ’n Totaal van 170 Wes-Kaapse leerders baat vanjaar by hierdie projek om hul skoolloopbaan, en hul toekoms, op die regte voet te begin….

Dringende ondersoek na politieke inmenging in vissersbedryf noodsaaklik

Dringende ondersoek na politieke inmenging in vissersbedryf noodsaaklik

Die burgerregteorganisasie Kaapse Forum voer aan dat gerugte oor politieke inmenging in die vissersbedryf en bewerings dat dit ’n broeiplek vir kaderontplooiing geword het, dringend ondersoek moet word. Dié inmenging bring mee dat Kaapse kleinskaalse vissersgemeenskappe, wat hul brood en botter uit dié bedryf verdien, se lewensbestaan én kultuur nou ernstig in die gedrang is….

BELA gaan ouers se sê by skole steel, maan Kaapse Forum

BELA gaan ouers se sê by skole steel, maan Kaapse Forum

Indien die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (ook bekend as die BELA-wetsontwerp) in sy huidige formaat aanvaar word, sal dit neerkom op ’n skandelike stroping van ouers se seggenskap in hul kinders se skoolopvoeding ten opsigte van veral skole se taal- en toelatingsbeleide. Só meen die burgerregteorganisasie Kaapse Forum wat sy geskrewe kommentaar oor dié voorgestelde…

Kaapse Forum wil Rusthof-gemeenskap bemagtig met vestiging van nuwe gemeenskapsforum

Kaapse Forum wil Rusthof-gemeenskap bemagtig met vestiging van nuwe gemeenskapsforum

Die burgerregteorganisasie Kaapse Forum en verskeie plaaslike kerkgroepe, vroue- en maatskaplike organisasies sowel as vooraanstaande gemeenskapslede het vandeesweek byeengekom om planne te bespreek vir die vestiging van ’n gemeenskapsforum vir die Rusthof-gemeenskap. Hierdie inisiatief is die eerste gekoördineerde poging van sy soort waardeur dié gemeenskap in die Strand sy hulpbronne meer doeltreffend wil bestuur. Die…

Kaapse Forum eis antwoorde oor gesteelde vuurwapens by Mitchells Plain-polisiestasie

Kaapse Forum eis antwoorde oor gesteelde vuurwapens by Mitchells Plain-polisiestasie

Die burgerregteorganisasie Kaapse Forum en verskeie ander plaaslike gemeenskapsleiers, aktiviste en burgerregteorganisasies het Vrydag (26 Januarie) voor die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Mitchells Plain-polisiestasie byeengekom om protes aan te teken teen die skrikwekkende vlaag van vuurwapendiefstal by dié polisiestasie. Dit het verlede week aan die lig gekom dat 15 vuurwapens, sowel as agt nagemaakte vuurwapens,…

End of content

End of content