Suid-Afrika verenig in stryd téén ANC se skoolkapingswetsontwerp

Suid-Afrika verenig in stryd téén ANC se skoolkapingswetsontwerp

Politieke partye sowel as burgerlike organisasies oor die hele Suid-Afrika heen is, soos Kaapse Forum, verenig in hul heftige teenstand teen die diep kommerwekkende Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (ook bekend as die BELA-wetsontwerp) wat gister deur die Nasionale Vergadering (NV) aanvaar is. Hierdie drakoniese stuk wetgewing verteenwoordig ’n duidelike aanval op grondwetlike regte en demokratiese…

Vrot, vrotter, Philippi! Polisiekollege ’n broeiplek vir selfverryking en substandaard opleiding

Vrot, vrotter, Philippi! Polisiekollege ’n broeiplek vir selfverryking en substandaard opleiding

Die burgerregteorganisasie Kaapse Forum het vandag ’n dringende beroep op die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gedoen om in te gryp by die verval van die Philippi-polisiekollege en om ’n deeglike ondersoek te doen oor verskeie skokkende bewerings aangaande die personeel, gehalte van opleiding, behandeling van vroue en die gehalte en misdadigheid van polisierekrute. Die verval van…

Kaapse Forum wil Rusthof-gemeenskap bemagtig met vestiging van nuwe gemeenskapsforum

Kaapse Forum wil Rusthof-gemeenskap bemagtig met vestiging van nuwe gemeenskapsforum

Die burgerregteorganisasie Kaapse Forum en verskeie plaaslike kerkgroepe, vroue- en maatskaplike organisasies sowel as vooraanstaande gemeenskapslede het vandeesweek byeengekom om planne te bespreek vir die vestiging van ’n gemeenskapsforum vir die Rusthof-gemeenskap. Hierdie inisiatief is die eerste gekoördineerde poging van sy soort waardeur dié gemeenskap in die Strand sy hulpbronne meer doeltreffend wil bestuur. Die…

Kaapse Forum eis antwoorde oor gesteelde vuurwapens by Mitchells Plain-polisiestasie

Kaapse Forum eis antwoorde oor gesteelde vuurwapens by Mitchells Plain-polisiestasie

Die burgerregteorganisasie Kaapse Forum en verskeie ander plaaslike gemeenskapsleiers, aktiviste en burgerregteorganisasies het Vrydag (26 Januarie) voor die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Mitchells Plain-polisiestasie byeengekom om protes aan te teken teen die skrikwekkende vlaag van vuurwapendiefstal by dié polisiestasie. Dit het verlede week aan die lig gekom dat 15 vuurwapens, sowel as agt nagemaakte vuurwapens,…

kaapse forum skenk Sewentig skooltassies vol drome, hoop en skryfbehoeftes vir Skurweberg se graad 1’s

kaapse forum skenk Sewentig skooltassies vol drome, hoop en skryfbehoeftes vir Skurweberg se graad 1’s

Die burgerregteorganisasie Kaapse Forum het verlede week die toenemende stryd teen armoede in die Wes-Kaap saam met ’n nuwe generasie skoolleerders aangepak. In dié projek word behoeftige graad 1’s toegerus met ’n skooltas vol drome, hoop én al die nodige skryfbehoeftes om hul skoolloopbane op die regte voet te kan begin. ’n Totaal van 170…

Kaapse Forum eis die herinstelling van Kinnear-weduwee se polisiebeskerming

Kaapse Forum eis die herinstelling van Kinnear-weduwee se polisiebeskerming

Die burgerregteorganisasie Kaapse Forum het vandag ’n dringende brief gerig aan die Wes-Kaapse distrikskommissaris, genl.maj. Vincent Beaton, en ’n beroep gedoen op die herinstelling van Nicolette Kinnear, weduwee van die vermoorde lt.kol. Charl Kinnear, se polisiebeskerming. Kaapse Forum voer aan dat die herinstelling van haar en haar gesin se polisiebeskerming, tot minstens na die afhandeling…

Kaapse Forum deel skryfbehoeftes uit by die Steilhoogte Primêre Skool

Kaapse Forum deel skryfbehoeftes uit by die Steilhoogte Primêre Skool

Die burgerregteorganisasie Kaapse Forum het verlede week die toenemende stryd teen armoede in die Wes-Kaap saam met ’n nuwe generasie skoolleerders aangepak. In dié projek is behoeftige graad 1’s toegerus met ’n skooltas vol drome, hoop én al die nodige skryfbehoeftes om hul skoolloopbane op die regte voet te kan begin. ’n Totaal van 170…

SITA-hoof se bedanking laat gevaarligte flikker oor nóg probleme by agentskap

SITA-hoof se bedanking laat gevaarligte flikker oor nóg probleme by agentskap

Die burgerregteorganisasie Kaapse Forum meen die bedanking van dr. Bongani Mabaso, uitvoerende hoof van die staat se inligtingstegnologieagentskap (SITA), laat gevaarligte flikker oor die toenemende probleme by dié agentskap. Mabaso se vervroegde beëindiging van sy vyfjaarkontrak volg skaars ag maande nadat hy in April vanjaar by die agentskap aangesluit het en nagenoeg ’n week nadat…

Kaapse Forum betoog teen borgtog vir mesmaniak wat vrou se keel sny

Kaapse Forum betoog teen borgtog vir mesmaniak wat vrou se keel sny

Die burgerregteorganisasie Kaapse Forum en gemeenskapslede het vandag voor die Athlone-landdroshof in Kaapstad betoog teen borgtog vir die beweerde mesmaniak Arthur Sass wat daarvan aangekla word dat hy sy vrou, Genevieve Snyders, op 28 November in die borskas gesteek en haar keel gesny het.  Snyders was by ’n winkel om kos vir haar kind te…

Stokou polisietoerusting: Kaapse Forum eis antwoorde by SITA

Stokou polisietoerusting: Kaapse Forum eis antwoorde by SITA

Moontlikheid van ongerymdhede in tenderproses moet nou ondersoek word Terwyl die Wes-Kaap in ’n ernstige wurggreep van misdaad vasgevang is, moet lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in dié provinsie sien kom klaar met karige tegnologie uit die oue doos of met persoonlike WhatsApp-boodskappe. Dít meen die burgerregteorganisasie Kaapse Forum is weens die staat se…

End of content

End of content