Van kuiken tot kos: Suksesvolle braaihoenderprojek ’n eerste vir Wes-Kaapse skole
Skurweberg Sekondêre Skool het onlangs vir homself ’n plek in die geskiedenisboeke losgeboer met die suksesvolle afhandeling van sy eerste braaihoenderprojek en die eerste projek van sy soort in die Wes-Kaap. Van die 2 000 braaikuikens wat Kaapse Forum twee maande gelede aan dié skool in Ceres geskenk het, is uiteindelik sowat 1 950 volwasse hoenders…


