Span bruin oudsoldate ook in teen bendes, sê Kaapse Forum
Die miskenning van bruin oudsoldate uit die vorige bedeling, asook hul ervaring van voortgesette “diskriminasie en ongeregtighede”, word in die kollig geplaas deur die burgerregteorganisasie Kaapse Forum se veldtog vir die afwenteling van polisiemagte na die Wes-Kaap. “Die bruin soldaat het nog nooit ’n stem gehad nie,” sê (afgetrede) weermagkolonel William Leukes. “Die demokrasie wat…


