Kaapse Forum wil weens omkoop-bewerings hooggeregshof toe om ’n stokkie te steek voor Boland-rugby se top-kompetisie
Kaapse Forum het besluit om gehoor te gee aan die versoek van ontevrede klubs deur regsadvies in te win oor die moontlikheid om ’n stokkie te steek voor die Boland-rugbyunie se Top-12-uitspeelwedstryde van sy Groot Uitdaagbeker-kompetisie. Die trekking vir die uitspeelwedstryde is die afgelope Woensdag op Erfenisdag in Wellington gehou. Heindrich Wyngaard, uitvoerende voorsitter van…


