Bela-ramp: ANC moet hom staal – gemeenskappe gaan nie toegee nie
Die ANC-regering moet hom staal, want uiteenlopende gemeenskappe staan nou vir die eerste keer werklik saam en sal nie toegee dat die gewraakte Bela-wetgewing in ’n Bela-ramp omgeskakel word nie. Só sê die burgerregteorganisasie Kaapse Forum nadat dit pas bekend geword het dat die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (bekend as die Bela-wetsontwerp) vanmiddag laat met…