BELA gaan ouers se sê by skole steel, maan Kaapse Forum
Indien die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (ook bekend as die BELA-wetsontwerp) in sy huidige formaat aanvaar word, sal dit neerkom op ’n skandelike stroping van ouers se seggenskap in hul kinders se skoolopvoeding ten opsigte van veral skole se taal- en toelatingsbeleide. Só meen die burgerregteorganisasie Kaapse Forum wat sy geskrewe kommentaar oor dié voorgestelde…