Kaapse Forum begin regsproses teen Maties

Kaapse Forum begin regsproses teen Maties

Die burgerregteorganisasie Kaapse Forum het op 10 Maart ’n formele aansoek ingevolge die Wet op Bevordering van Inligting (PAIA)  teen die Universiteit Stellenbosch (US) gebring. Dié aansoek gaan oor beweerde insidente waar taaldiversiteit by formele en informele aangeleenthede by die universiteit verhoed is. Dié PAIA-aansoek volg ná onlangse klagtes sowel as soortgelyke beweerde insidente in…

Morningstar-Samaritaan is Januarie se Kaapse Kampioen

Morningstar-Samaritaan is Januarie se Kaapse Kampioen

Lynn Louw, wat haar passie vir kinders by die Morningstar-biblioteek uitleef, is op 6 Maart tydens ’n gemeenskapsvergadering by dié plaaslike biblioteek as Kaapse Forum se Kaapse Kampioen vir Januarie gekroon.  Louw dryf ’n onbaatsugtige gemeenskapsprojek wat na die onderrig en welstand van die kinders in Morningstar in Durbanville omsien. Elke weeksdag ontvang Louw ongeveer…

St. Helenabaai-inwoner bekroon as Kaapse Kampioen vir Februarie

St. Helenabaai-inwoner bekroon as Kaapse Kampioen vir Februarie

Hazel Smith van St. Helenabaai is op 1 Maart tydens die bekendstelling van die dokumentêr Tussen die duiwel en die diep blou see as Februarie se Kaapse Kampioen gekroon. Hierdie dokumentêr handel oor die visserman se oorlewingstryd. Die Kaapse Kampioen is ’n inisiatief van Kaapse Forum om individue wat ’n daadwerklike verskil in hul gemeenskap…

Kaapse Forum verwelkom vonnis van Tazné van Wyk se moordenaar

Kaapse Forum verwelkom vonnis van Tazné van Wyk se moordenaar

Die Kaapse Forum verwelkom die nege lewenslange vonnisse waarmee die Kaapstadse Hooggeregshof die moordenaar van Tazné van Wyk vandag gestraf het. Die straf vergoed egter nie daarvoor dat die moordenaar op parool was ten tyde van sy monsteragtige-aanval op die agt-jarige Tazné nie. Die staat moet hiervoor verantwoordelikheid aanvaar. Tazné se dood moet ook ’n…

Kaapse Forum belê in leerders se toekoms

Kaapse Forum belê in leerders se toekoms

Die burgerregteorganisasie Kaapse Forum het op 6 Februarie deur ’n borgskap van Pencafe, skryfbehoeftes aan die Morningstar-gemeenskap voorsien. Gemeenskapsleiers van die Morningstar-gemeenskap het die Kaapse Forum gekontak om verdienstelike studente met skryfbehoeftes te help. Dié skryfbehoeftes is deur Pencafe aangekoop en elkeen van hierdie studente kon ’n volledige stel skryfbehoeftes kry. “’n Belegging in die…

Visvangregte weereens vertraag

Visvangregte weereens vertraag

Die burgerregteorganisasie Kaapse Forum het op 1 Februarie verneem dat die ANC, spesifiek die Departement van Bosbou, Visserye en Omgewingsake, die toekenning van visvangregte weereens na Oktober uitgestel het. Wanneer hierdie regte toegeken word, sal dit vir 15 jaar geldig wees. Die minister, Barbara Creecy, het op 31 Januarie vanjaar dié aankondiging gemaak. Om hierdie…

Kaapse Forum en Morningstar-gemeenskap maak Langebergpad skoon

Kaapse Forum en Morningstar-gemeenskap maak Langebergpad skoon

Die burgerregteorganisasie Kaapse Forum het op 30 Januarie saam met die Morningstar-gemeenskap die heining teen Langebergpad skoongemaak. Dié skoonmaakprojek is deur die plaaslike gemeenskapsleier, Lynn Louw, geïnisieer nadat die Kaapse Forum onderneem het om die gemeenskap te help om die omgewing te verfraai. Ter voorbereiding vir die plant van bome langs Langebergpad het Louw, bestuurder…

COCA COLA GEKAP OOR SY ‘DIS-CHEM’-DISKRIMINASIE TEEN BRUIN MATRIKULANTE

COCA COLA GEKAP OOR SY ‘DIS-CHEM’-DISKRIMINASIE TEEN BRUIN MATRIKULANTE

Die burgerregteorganisasie Kaapse Forum veroordeel die diskriminerende kriteria wat deur Coca Cola Beverages SA (CCBSA) toegepas word in die toekenning van beurse aan voornemende studente. In die maatskappy se advertensie vir sy StudyBuddy-beursskema word dit gestel dat alle matrikulante, wat ingevolge die BBBEE-beleid as swart (“black”) geïdentifiseer word, vir ’n beurs mag aansoek doen. Dit…

Kaapse Forum en Educatio onderteken erkenning- en samewerkingsverdrag

Kaapse Forum en Educatio onderteken erkenning- en samewerkingsverdrag

Die burgerregteorganisasie Kaapse Forum het op 18 Januarie ’n erkenning- en samewerkingsverdag onderteken om samewerking tussen die Kaapse Forum en Educatio amptelik te sluit. “Die bemagtiging van die jeug en ook die mobilisering van onderrighulpmiddels in die Witzenberg-gemeenskap is vir ons die hoogste prioriteit. Ons, by die Kaapse Forum is verheug oor die passie en…

End of content

End of content