Kaapse Forum kroon nog ’n Kaapse Kampioen
Die burgerregteorganisasie Kaapse Forum het op 8 Junie besoek afgelê by Engelbrecht Primêr in Elandsbaai waartydens Emré Forster, die waarnemende onderhoof, as die vyfde Kaapse Kampioen gekroon is. Gedurende ’n spesiale saalbyeenkoms het Heindrich Wyngaard, uitvoerende voorsitter van Kaapse Forum, ook ’n toespraak gelewer waarin hy ’n inspirerende boodskap van hoop aan die personeel en…